Geleë in die hart van die Karoo, Graaff-Reinet, voorsien ons ons kliente, vanaf Kaapstad tot in Gauteng, van plaasvars organiese Karoolam en skaap.
Plaas jou bestelling vir lam, 2 tand of skaap, en ons saag, verpak en vries dit. Ons maak seker dat dit gereed is vir vinnig optel. Vooraf verpakte lampakke altyd in voorraad.
Suiwer Boerewors, rookwors, kaaswors, “patties” en murgsagte lamsosaties ook altyd in voorraad.
A graad beessnitte wat insluit sappige kruisskyf (rump) lendestukke (sirloin) en T Beenbraaistukke (T Bone). Beesbiltong met watertand geelvet vir elke smaak!!
Wildsnitte, Biltong en droewors van wild wat organies in ons area geproduseer word. Koedoe, Springbok, Rooibok, Blesbok en Eland byna altyd in voorraad.
Tuisgebakte beskuit, tuisgemaakte konfyt, turksvystroop, heuning, neute, droevrugte uit die Ceresvallei word ook deur ons voorsien.
Leerprodukte wat insluit, Ngunivelle, hoede, belde en swepe.
We are open from Monday to Friday from 08h00 to 17h30 and Saturdays from 08h00 to 14h30.
We are situated in Graaff-Reinet and you are welcome to order meat and we can arrange that you pick it up after hours.
Ons kliente is welkom om vooraf bestellings te plaas en dit na ure op te laai indien vooraf gereël.


